Rugby

Op sportgebied  vaar Gekombineerde Skool Christiana  deur die jare baie goed.

Ons Hoërskool-rugbyspanne het al ‘n paar keer die Beeldtrofee  vir kleinskole gewen of gereeld in die kwarteindrondtes, finale of semi-finale gespeel.

Verskeie van ons spelers verteenwoordig ook jaarliks  van die verskillende Luiperdrugbyspanne. Een van ons leerlinge, CJ van Heerden,  het in 2014 die VKB span in  Engeland verteenwoordig.

Ons Laerskoolspanne staan ook glad nie in die skadu van die Hoërskool nie.

Ons spanne het al verskeie kere as streekwenners, plattelandwenners of Luiperdwenners uit die stryd getree. Hulle vaar ook baie goed by die Bondedae waar hulle ook al as wenner uit die stryd getree het. In 2014 wen ons die Plattelandliga en twee van ons spelers word gekies om die Luiperdspan by die Cravenweek te verteenwoordig.

 

Netbal:

Op netbalgebied is ons skool ook ‘n baie gedugte opponent. Twee van ons Laerskool en een Hoërskoolspan het in 2014 as wenners uit die stryd getree. In 2014 verteenwoordig drie van ons leerlinge verskillende  ouderdomsgroepe by die SA-netbalweek in Margate.

 

Atletiek:

Op atletiekgebied  vaar ons skool deur die jare baie goed en jaarliks verteenwoordig van ons atlete  die skool by die provinsiale byeenkomste en by die SA-kampioenskappe. Ons skool  ontvang ook vir 2014 van die Onderwys- departement ‘n toekenning as die beste atletiekskool in die Dr. Ruth Segomotsi Mompati Distrik.

 

Hokkie

In 2014 het ons vir die eerste keer begin hokkie speel by die skool.  Die belangstelling was baie goed en ons  hoop dat ons in 2015 van krag tot krag sal gaan.

 

Swem

Ons skool is een van baie min skole wat nog oor ‘n swembad beskik.  Swem is baie aktief en verskeie van ons kinders neem gereeld aan gala’s deel.

 

Tennis

Gedurende 2014 het tennis by ons skool weer vlam gevat. Verskeie leerders ontvang afrigting by buite-afrigters.  Daar is ‘n rondomtalie gespeel om wenners te bepaal vir verskillende afdelings en daar is vriendskaplike wedstryde teen Bloemhof gespeel. Ons beoog om vanjaar  daarop uit te bou.

 

Krieket

Ons het hoërskool - sowel as laerskoolspanne wat jaarliks baie goed doen in hulle onderskeie ligas. In 2014 is twee seuns ingesluit in die  Westelikes-krieketspan.

 

Buitesportsoorte:

Verskeie leerlinge neem verder aan buiteskoolse sportsoorte deel waar hulle ook baie goed doen. Daar word deelgeneem aan sportsoorte soos : Tweekamp, karate, motorfietswedrenne, gimnastiek ens.