Die geboue en terrein van ons skool staan glad nie terug vir enige skool in ons land nie. Die skoolgebou is ‘n pragtige ou siersteen gebou.  Daar is 26 netjies klasse wat onlangs almal uitgeverf  is. Verder beskik die skool ook oor drie sentrums . Ons het ook ‘n pragtige personeelkamer, ‘n lapa en ‘n skoolsaal. Die afgelope twee jaar  is ‘n hele paar klasse asook ons saal se vloer oorgedoen. Ons klasse het ook almal kameras in wat baie help met dissipline en diefstal.

Ons sportveld bestaan uit drie rugbyvelde, twee weervaste netbalbane en ‘n sementbaan en drie tennisbane. Ons het ook twee kolfblaaie vir krieket. Ons het ook ‘n pragtige losie wat oor die A-veld uitkyk en ‘n klubhuis by ons netbalbane. Ons skool se badkamers is ook pragtig geteël.  Ons skool spog ook met pragtige tuine.  Verder spog ons met ‘n swembad wat onlangs opgradeer is en sorg vir heelwat pret en plesier.

Ingang van die skool Vooraansig van skool Hoofingang na skool.
     
Ons binnehof. Graad 1 en 2 se veilige speelterrein Binnehof.
     
Besproeiing maak binnehof nat. Ons paviljoene en losie. Kinders ontspan in ons pragtige swembad.
     
Netbalbane met eie paviljoene. Ons netbalklubhuis. Ons atletiekbaan, A-rugbyveld en skool in agtergrond.