Gedink daar word nie hard gewerk in eksamentyd nie  -  dink weer !  Juffrou Lisa saam met ’n paar 
leerlinge wat prakties moes doen vir die eksamen.
 

 
Kyk net hoe oorspronklik was ons !
 
 
In die saal was dit koppe neer en werk, werk en werk !!!
 
 
  Meneer Hardus hou ons met ’n valkoog dop.
 
 
Die Matrieks hard aan die werk onder toesig van Juffrou Lois.
 
 
En raai wie werk die hardste … al die antwoordstelle moet gemerk en gekontroleer word !!! Geniet ’n welkome ruskansie
ONDERWYSERS !!!
 

 

 VOORGESKREWE WERK:  ONDERWERELD EN MIS
 
Onder die bekwame leiding van Juf. Olevano, het ons  leerders weer die geleentheid gekry om ’n opvoering oor hulle voorgeskrewe
boek op ons voorstoep by te woon.  André Stolz - Produksies met sy vele bekende akteurs en aktrises het ons weer met nuwe oë na 
ons voorgeskrewe werk laat kyk.  
 

 
 
 
Mm… nog ’n paar bekende gesigte. 
 
 
Die akteurs van Mis.  
 

Die Gr.4’s moes instrument maak by Juf. Elbie.  Daar was glad nie te kort aan planne  nie !

 
 
 Wat ’n verskeidenheid ! Verbeel ek my of dit Elvis regs op sy geel kitaar ? Die houding is daar.
 

Ons besoek  aan NAMPO …  Wat ’n opwindende dag was dit nie !!!  Gewapen met ons sakboekies, 
penne en opdragkaart het ons ons uitstappie aangepak.  Vra is aan die kenners gevra en foto’s is sorg-
vuldig bymekaar gemaak.  Die opdrag was duidelik - daar moet bewyse wees dat julle inligting  ingewin
het !
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
Hoe maak mens ’n besluit as daar so baie is om van uit te kies ?  Rooi ...
 
 
groen … wat is die beste ?
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Natuurlik moet die finansies die “praatwerk”  doen !!!  Voor jy enige besluite kan neem,  maak eers ’n paar somme.
 
Na ’n dag se BAIE loop, eet en kyk, kon ons darem ’n sitplek kry !  Ons wil net baie dankie se vir die geleentheid om die 
Landbouskou te kon bywoon.  Ons raad aan ons maats is, begin noual SPAAR !

In Juf. Liza se Verbruikerstudie klas moes die Gr. 11’s koeke versier volgens ’n tema.  

Kan jy raai wat die tema was ?  Emoji’s !  Die liefde... en is dit dalk die Bulls se nuwe wapen ?

 

 

Juffrou Anna-Lize en haar Graad 2 klas is besig om saadjies te saai vir ’n skouspel van kleure


Juffrou Bonita se klas staan ook nie ’n tree terug nie.  Hulle wag nou inspanning om die 
kleurspel te kan bewonder !





Praat van ’n goeie voorbeeld !  Ons Gr. 12-leerlinge het op die laatste skooldag van die kwartaal ’n ekstra klas bygewoon
om hulle voorgeskrewe werk- “Onderwéreld” deur Fanie Viljoen ’n bekende skrywer- af te rond.  Baie dankie   Juffrou LoIs vir 
al jou ekstra tyd en dryfkrag om ons kinders te motiveer om ons beste te doen !  




Hard aan die werk !  


Die Gr.12 Landbou Tegnologie leerlinge van meneer Skiet Geldenhuys het by 
WP Ingeneurswerke opleiding ontvang oor hoe om behoorlik te kan sweis.


In Juffrou Nannet se Gr. 8-klas het vandag so belangrik gevoel … Ons het met 
mikroskope mikro-organisme bestuur ! 



Nooit weer mis ek een van die klasse nie !  Het jy geweet Alexander Fleming wat toevallig ’n 
bakkie waarin hy bakterieë  laat groei het, uitgevind dat penisillien (antibiotika) daarvan gemaak
kan word ?  As mens so na dit kyk …brrr ...
 

’n Paar van ons kon solank ’n vergrootglas gebruik om die bakterieë te bestudeer.


Ek kan net nie ophou KYK nie !


Die Gr.3’s van Juf. Rina moes emosies met klei uitgebeeld

Die Gr.4’s het meer oor ons dorp se geskiedenis geleer. Juf. Jeannie het hulle ’n uitstalling laat hou  van BAIE ou gebruiksartikels.  
 

 

Ons leerlinge het weer deelgeneem aan die jaarlikse Wiskunde Olimpiade.


In die Gr. 10 Verbruikerstudieklas van Juffrou Lisa leer ons al die slim paadjies na iemand se hart … skuus … se maag !  
   Die kolwyntjies kon nie gou genoeg uit die oond kom nie !
 
 
 Die Graad 7-groep het meer geleer oor hidrouliese stelsels.  Juffrou Elbie het haar hande vol gehad.
 
Graad 9-groep:  Brǔe word nie sommer in ’n dag gebou nie !!! Wel nie stewiges nie.  Karton, blik, hout en staal is ingespan.

 

Die Graad 8-groep het in Tegnologie probeer vasstel wat die beste manier sal wees om nuwe pawiljoene

vir die skool te bou. Ons B-rugbyveld kan doen met nog ’n paar. 

DIE GRAAD 10 LANDBOU BESTUUR PRAKTYK LEERDERS EN MNR SKIET GELDENHUYS 
HET RASCAL SEED BESOEK EN  DIE GELEENTHEID GEKRY OM SELF AARTAPPELS 
TE KLOON.