DELWERSFEES  2018 !!!
Weereens ’n groot sukses !  Baie dankie aan ’n ieder en elk vir sy/haar bydrae om daarvan ’n sukses
te maak.  Hierdie  GROOT geleentheid wat jaarliks deur die hele gemeenskap ondersteun word, is maar
net weereens ’n bewys - CHRISTIANA, JULLE MAG MAAR ! 
Donderdag het die verrigtinge begin met die “OPENINGSGELEENTHEID” waar AL die BORGE bedank
word vir hulle ondersteuning.  Vanjaar is die funksie gekenmerk deur sy pragtige tafels, uitstekende kos en
’n goeie kunstenaar om almal te vermaak. 

Aan al ons BORGE - BAIE DANKIE.  Sonder julle bydraes sal dit
nie moontlik wees om die Delwersfees te hou nie !
 
 
Die gaskunstenaar van die aand moes uit haal en wys !
 
 
 
Daar is tot laat in die aande gekuier met verskillende kunstenaars wat opgetree het.
Vanjaar was dit Adam Tas, Joe F, Karoo, Clive Bruce en Saarkie.  
 
 
Adam Tas moes werk vir sy geldjie … Saam met hom ’n paar van die komiteelede
 
Vrydag was dit natuurlik die straatoptog !  Klein en groot het deelgeneem.  Dankie aan die verkeersaf-
deling dat julle ons veilig hou.
 
 
 
Tydens die straatoptog word die tema van die fees verder uitgedra - Plaas !  Ons is mos maar van die
plaas.  ’n Paar leerlinge het omtrent hulle verbeelding gebruik !
 
Ons plaaslike kleuterskole het net so ywerig deelgeneem aan die straatoptog.  Hier is Wielie Walie.
 
 
 
Klein Robijn was ook daar !
 
Sien jullie volgende jaar by Delwersfees 2019 !!!

Vanjaar tydens die Delwersfees kon daar weer uitgesien word na die gladiatorbaan.  Die verskillende 
klasse het teen mekaar meegeding en in die laerafdeling is daar ook teen buurskole deelgeneem.

Groot en klein het dit GENIET !  Ek het gesien van ons eerste rugbyspan se seuns  is toe nie so fiks as wat hulle gedink het nie …  
 
 
Die kompetisie is afgeskop met ’n onderwyserspan teen ’n graad 12- span !  In jou kop word jy mos nooit ouer nie …
Hier is ons van brawe onderwyserspanlede (voor), met die "pom poms" wat agter staan ! 
Ek wonder nogsteeds … was daar ’n wenner ?  Doodse stilte !
 
 
Wat ’n kleurvolle klomp kinders !  Onder die leiding van Santie van Heerden is ons voorskoolse kleuters ingespan as trompoppies
om die verrigtinge, die POPLAP NETBAL en BULLETJIE RUGBY, te open.
 
 
Daar word natuurlik nie met verveliige sportdrag deelgeneem nie … ’n meisie moet mos mooi lyk !
 
 
Die veld is vol ondersteuners.
 
 
Ons laer- en hoërskool se netbal- en rugbyspanne neem ook teen ander skole deel. 
 
 
 
“Daar word natuurlik nie met vervelige (een “i”) sportdrag deelgeneem nie.

Reünie - 100 jarige reünie is tydens die Delwersfees gevier !!!  (2018)
 
Verrigtinge het die oggend 10 uur in die groot markiestent afgeskop.  Interessanthede wat gelei het tot die
ontstaan van die skool en ander interessante inligting is uitgeruil  en inligting is gedeel.  
  
 
Die oud Chrissie het om sesuur almal in die Vierkant bymekaar gekom.
Hier het Chris Vermeulen, ons Adjunkhoof / Delwersfeesvoorsitter, almal
verwelkom.
 

Ons Skoolhoof Mnr. Paul Bester het van die skool se kant af almal teen-
woordig hartlik verwelkom en hulle verseker dat daar voortgebou word op
jare se tradisies.

Die Delwersfees is bekend daarvoor dat dit ons gebied se reënseisoen
geword het en daarom is daar by voorbaat tente ingespan om ons gaste
droog te hou. Vanjaar was ons egter baie geseënd en gedurende die fees
het dit nie gereën nie.

 

 
Natuurlik moes die ou skoollied gesing word en ons voorsanggroepie het uit volle bors gesing.  ALMAL het dit nog onthou ..! 
 
Daarna is heerlik gekuier en gebraai.  Die vierkant was omgetower en die tafels het behoorlik gekreun. 
Baie dankie aan Chris Vermeulen, Anna-Lize Coetzer en haar helpers en Corne van Heerden wat kans
gesien het om die ekstra reëlings te tref !