Die jaarlikse GHOLFDAG is altyd baie gewild en vanjaar was dit nie anders nie !  Op 1 September is van
vroeg af gewerskaf om al die verskillende putjies op die baan gereed te kry vir die dag se spel.  Baie dankie 
vir almal wat punte beman, ondersteun en gehelp het om van die dag weer ’n reuse sukses te maak.  Daar
moet melding gemaak word van Corne van Heerden, Sybrand van Niekerk en Chris Vermeulen wat die 
spreekwoordelike “haas uit die hoed moes trek” om weer ’n suksesvolle dag aan te bied.  Natuurlik sonder
die positiewe gesindheid van die borge sou dit nie moontlik gewees het nie !
BAIE DANKIE VIR U ONDERSTEUNING !!!  Ons borge volg …
 
Groot en klein het hulle kant gebring.

Die “Wilde Weste-dames”.
 
 
Die “Watergat”.
 
 
Die “Negende Putjie “!
 
Dames by die “Tjip-en-Putt”.
 
 

 
Op 25 Augustus 2018 het ons skool weer sy gebruiklike Damestee aangebied.
Baie dankie aan Mev. Anna-Lize Coetzer en haar komitee wat verantwoordelik
was vir al die reëlings.  Hier volg ’n paar foto’s wat tot ons beskikking was.
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Op 25 Oktober het ons gewilde Manne-aand weer plaasgevind in die skoolsaal.  Soos elke jaar was dit 
weer ’n reuse sukses !!!  Baie dankie aan Werner en Tania du Plessis en Elize Jordaan wat vir die reëlings
van die aand verantwoordelik was.  Die gaskunstenaar vir die aand was Nico Nel wat almal se lagspiere
oortyd laat werk het. Kan nie wag vir volgende jaar se Manne-aand nie !  ’n Paar foto’s net om julle te 
herinner aan ’n genotvolle aand.