2019 - Verbruikerstudie Die Graad 11-leerling is hard besig met die voorbereiding vir vandag se prakties ! Alles moet net reg. Dis nie net die smaak wat saak maak nie, dit moet nog netjies en keurig voorgesit word. Reg met die eindproduk !!! Hier is ’n paar leerlinge met hulle voorleggings. Welgedaan dogters ! Mmm, ek wonder of Juffrou kan hoor hoe klop my hart ! Juffrou Lisa se oog mis niks ...
|
||
TEGNOLOGIE Graad 9 - 2019
Hier is ’n paar leerlinge met hulle unieke geskenke uit “rommel”. Komaan outjies, maak hierdie vakansie
Lukas met sy tuintjie binne-in ’n plastiekhouer. ’n Oulike geskenk vir Mamma !
Graad 2's - 2019
2019 - Entrepreneursdag !!!
|
||
Ons kon darem ’n idee kry van hoe diamante lyk, hoewel dit alles nagemaak is. Ons het meer te wete gekom oor die “Grootgat" Mens kan byna nie jou oë glo as mens dit van bo-af bekyk nie.
Natuurlik moes ons ook die Trem ry ! Almal van ons dink dat dit ’n baie leersame dag was. Oral op die terrein het hulle die winkeltjies behoue laat bly soos dit in daardie dae gelyk het. Daar was selfs vervoermiddels uit daardie era.
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
GRAAD 3 - KIMBERLEY UITSTAPPIE Uiteindelik het die grootdag aangebreek - ons uitstappie na Kimberley !!! Vroeg reeds is ons per bus na Kimberley. ’n Gids het saam met ons beweeg en ons baie interessante feite vertel en dinge gewys wat vroeër jare gebruik is tydens die diamantbedryf in ons omgewing. |
||
Ons kon natuurlik nie wag om op die “Trem” te ry nie ! Baie soet het ons gesit en wag .. Dit was ’n belewenis om in die Trem te ry terwyl die verkeer om ons is.
Dit is seker hoe die “Koninklikes”voel wanneer hulle met ’ n koets /
ampmotors in die strate ry.
![]() ![]() By die mynskag het ons gids vertel dat wanneer jy een van die groterige klippe skud en jy hoor “iets” binne, dit heel moontlik ’n DIAMANT is ! Onnodig om te sê - elke klip is daarna geskud ! Mnr. Bester,ons busbestuurder, juffrou Alta en Rina, baie dankie vir die geleentheid wat ons gehad het om Kimberley te besoek en meer te leer oor die diamantbedryf, nou en in die begin jare. ![]() |
||
KUNS GR.3 In die kunsklas van Juffrou Rina moes die leerders “iets skep” uit afvalprodukte. Was die klomp nie kreatief nie ! Kyk self na die kleurvolle blikkies, kartonnetjies en botteltjies. Jy kan op die gesiggies sien die projek was lekker ! |
||
|
||
2019 - AFRIKAANS HUISTAAL Andre Stolz Produksies besoek ons skool jaarliks met die voorgeskrewe werk wat daardie jaar met die matriek leerlinge behandel word. Vanjaar was dit weer die geval met die stuk “Onderwereld”. Die akteurs is deur Mev. Lois Olevano genooi om ons leerlinge, en die omliggende skole, te kom vergas met hulle puik spel. Verlede jaar het die produksiespan van Onderwereld, die "Naledi Teatertoekenning” vir die “Beste Produksie in Jeugteater” ontvang. |
||
|
||
2019 - REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE Seker een van die gewildste klasse in die skool. Hoekom ? Wie wil nou agterbly met die nuutste tegnologie !!! Mev. Dalene Nieuwoudt, een van ons meer senior onderwysers, is die bewys dat - waar ’n wil is, is daar ’n weg ! In die klas weet jy presies wat van jou verwag word - die reels op die deur verwelkom jou ... |
||
|
||
Graad 1-Opedag Vanjaar is die voornemende graad 1’s van 2020 in die skool se Lapa ontvang. Hier het hulle kennis gemaak met die nuwe Juffrouens - Juffrou Elize Jordaan en Juffrou Annelene Badenhorst. Die skoolhoof meneer Paul Bester is aan die nuwelinge se ouers voorgestel, waarna hulle meer oor die skool ingelig is. Die tema van die dag was oral sigbaar ! Dit was net visse en ander seediere, maar die “duikboot” het beslis aandag getrek ! Daar was selfs seekatte - vriendelike seekatte EN haaie. Die kleinspan is bederf met iets vir die magies waarna hulle speletjies gespeel het op die sportveld. Maats ons kan nie wag om julle deel van ons “skoolvisse” te maak nie !!! |
||
|
||
LEWENSWETENSKAP -2019
|
||
Sjoe, kyk net hoe verander die long wanneer lug ingeblaas word !
|
||
KUNS !!! Vorm, lyn, tekstuur, kleur, skadu, figuurstudies. Nadat ons dié begrippe baasgeraak het, was dit tyd om alles bymekaar te bring. Die Gr.8-leerlinge moes elk ’n figuur teken. ’n Geskikte agtergrond moes aan die skepping gegee word en verskillende tegnieke moes gebruik word om die opdrag te voltooi. Nou is dit in Juffrou Anya Mareé se hande of ons die opdrag geslaag het ! |
||
![]() |
||
2019 - LEWENSWETENSKAP In die Lewenswetenskapklas het die Gr. 12’s die oog gedissekteer. Onder meneer Johan Bester se geoefende oog is daar na die bou en ander belangrike feite rondom ’n mens se oog gekyk. O ja, moenie dink dis ’n kompliment as iemand sê jy is ’n regte volstruis nie - ’n volstruis se oog is groter as sy brein ! Trek maar ook die boeke nader - ’n mens lees gewoonlik 25% stadiger op ’n skerm as op papier. |
||
![]() |
||
![]() |
||
![]() |
||
![]() |
||
![]() |
||
![]() |
||
![]() |
||
GRAAD 8 - KUNS
Die Graad 8-leerlinge in Juffrou Anya Maree se klas het dit goed gedink om ’n paar uitrustings te ontwerp vir die naderende matriekafskeid.
Errol Arendz, Simon Rademan en Marianne Fassler moet tog seker een of andertyd "die skêr neerlê “ …
Tweede kwartaal - Eksamentyd !!!
Tydens die afgelope eksamen moes die Graad 12 en Graad 11 leerlinge hardwerk aan hulle praktiese punte. Heelwat dinkwerk moes ingesit word in die aanbieding van hulle onderskeie disse. Soos julle kan sien was dit ’n groot sukses en wat ’n verskeidenheid was dit nie !
Graad 12 leerders van Mnr. Skiet Geldenhuys besoek
Wesgrow se verpakkingsaanleg.
Daarna moes die ware Jakob op die proef gestel word …
Die tweede kwartaal het weggespring teen die spoed van lig, maar ’n gebrek aan kreatiwiteit in die
Verbruikerstudieklas bestaan glad nie !!! Onder Juffrou Liza Engelbrecht se bekwame leiding het die groep
leerlinge met die interessantste skeppings voorendag gekom




Graad 11 leerlinge (Landbou Bestuurspraktyke) besoek saam met Aartappel- sertifiseringsdienste aartappelplase om landerye te inspekteer en meer oor siektes in die bedryf te leer.
GRAAD 2’S DOEN KUNS !!!
So tussen die akademiese werk deur is daar darem ook tyd om kreatief te verkeer. In die Graad 2 klasse van Juffrou Bonita Avenant en Juffrou Anna-Lize Coetzer, is leerlinge aangemoedig om dieper na ons onderwater skatkis te kyk … Tydens pouses kon almal hulle handewerk besigtig.