GHOLFDAG 2019
GEKOMBINEERDE SKOOL CHRISTIANA SE GHOLFDAG IS NOUAL ’N MOET ELKE JAAR !!!
Die dag sorg vir groot pret en lekker lag…  Spelers/borge kom selfs van Bloemfontein om die dag mee te maak.  
BAIE DANKIE aan elke borg wat die dag so spesiaal en uniek maak.  Sonder 
julle bydrae sal die dag nie so suksesvol kan wees nie.
 BAIE DANKIE !
 

Baie dankie aan Super Spar wat jaarliks die spelers se "innerlike versterk” by die
“Watergat”.
 
 
Aan vindingrykheid vir ’n geskikte ryding ontbreek dit nie … 9 putjies is ver !!!
 
 
Vier van die spelers wat probeer het om van die gesogte pryse te wen !
 
 
Ons gaste van Bloemfontein -  die son is warm ! ’n Lafenissie by die “Watergat”.
 
 

Dankie aan die dames wat die hele dag die son en die wind moes trotseer om te
te sorg vir ’n tikkie uniekheid aan die Gholfdag.