Cool Chrissies 2020
2021 - HOOFLEIERS
Baie geluk aan Enrico Tromp (Hoofseun) en Hestri Jacobs (Hoofdogter)
van Gekombineerde Skool Christiana se hoërafdeling.

Gawie Lombaard (O/hoofseun) en Nicola Mostert (O/hoofdogter) sal
die hoofleiers behulpsaam om 2021 ’n groot jaar te maak !

2020-DUX-LEERLING
Maricha Penn wat vanjaar die Hoofdogter was, is aangewys die Dux-
leerling van 2020 ! Sy is voorwaar die titel waardig. Baie geluk
Maricha ons is geweldig trots op jou !!!

Hoofleiers vir 2021
Baie geluk aan Gizelle vd Schyff en Jason du Toit ! Hulle is Gekombineerde Skool Christiana se hoofleiers in die Laerafdeling.

Hanré Penn en Petroné Fourie is verkies tot O/hoofseun en O/hoof- dogter van Gekombineerde Skool Christiana se Laerafdeling. Ons is trots op julle !

Dux-leering vir 2020
Theuns JvRensburg is aangewys as die Dux-leerling van Gekombineerde Skool Christiana se Laerafdeling !

2020: UITSTEKENDE PRESTASIE !!!
Meneer Bafana, ons Kringbestuurder, oorhandig aan Meneer Bester die toekenning wat die skool ontvang het vir die 100% slaagsyfer van die Gr.12’s van 2019. Daarby saam het ons skool ook ’n toekenning ontvang vir sy tweede plek behaal in die Distrik. Hou ons dop van- jaar !
2020 - HOËRAFDELING - VLR

VOOR: V.l.n.r.: Donivin Matias, Nathan Wilson (O/Hoofseun), Ruan Smit (Hoofseun), Maricha Penn (Hoofdogter), Chanél Coetzee (O/Hoofdogter), Angelica Fourie
MIDDEL: V.l.n.r: Gosego Maje, Kamogelo Bakae, Georné Swanepoel, Rienie van Tonder, Tinus Groenewald, Danelle Coetzee, Damian de Beer, Janus Groenewald, Hestri Jacobs, Dillon Mattee
AGTER: V.l.n.r.: Boka Oliphant, Jaden Stolle, Nicola Mostert, JJ J v Vuuren, Henrico Tromp, JP Moolenbeek, Lourika v Niekerk, Marco Meintjes, Charmoné Louw
2020 - LAERAFDELING - VLR

VOOR: V.l.n.r.: Hanré Penn, Janco Nel (O/Hoofseun), Theuns J v Rensburg (Hoofseun), Shané Harmse (Hoofdogter), Kaylee Posthumus (O/Hoofdogter), Charné Bothma
AGTER: V.l.n.r.: Hanro Struwig, Jason du Toit, Luan van Zyl, Eleneé Verster, Melandri Avenant, Dominique Rossberg, Petroné Fourie, Geschelle van der Schyff
2020 - MEDIAPREFEKTE

VOOR: V.l.n.r.: Handré Lauscher, Juanita Erasmus, Rickus Payne, Isoné de Villiers, Marlize Britz, Jaline Steyn
AGTER: V.l.n.r.: Anzelle v Vuuren, Benette Potgieter, Kitso Brussel, Rassie Erasmus, Jandré Verster, Onalenna Sethibe
2020 - TWEEKAMP
Baie geluk aan ons Tweekamp leerlinge wat die afgelope naweek aan die Griekwalandwes Kampioenskappe deelgeneem het. Stephan du Plessis het ’n silwer medalje vir S/9 jaar verower. LJ Moolenbeek het ’n goue medalje vir S/13 verower, asook ’n wisseltrofee vir beste S/13 atleet. Die 3 manne gaan dan ook deelneem aan die SA Kampioenskappe - Stefan, LJ en Theuns, J v Rensburg. BAIE GELUK en STERKTE !!!

2020: MATRIEKS VAN 2019 !!!
’n Groep van 2019 Matrieks wat hulle uitslae kom haal het. Die skool is baie, baie trots op die leerlinge wat ’n 100 % slaagsyfer behaal het !!! Dit kon vermag word deur harde werk ! Baie geluk !
Ons skoolsaal spog met ’n nuwe voorkoms !!! Daar is besluit om die saal se gordyne te vervang en wie het nou kon dink die eindresultaat sou so mooi lyk ?
Ons Graad 1’s van 2020 word aan die skool voorgestel. Baie welkom maats ! Hier staan ons “Sterker deur eenheid”.