GHOLFDAG TYDENS COVID INPERKINGS  !!!
 
Wat ’n uitdaaging !  Kyk 2020 sal vir ewig WÊRELDWYD onthou word…  Die datum het al nader gekruip en nader
gekruip.  Die verskillende aankondigings is deeglik ondersoek - en JA  dit is moontlik !  Dit was sekerlik die eerste
wettige “Sosiale byeenkoms” in ons dorp.  ALMAL wou net uitkom en het gesmag na “losbreek” !  Ongelukkig kon
almal nie geakkommodeer word nie, maar geniet, die het ons. 
 
BAIE DANKIE aan al ons BORGE -  julle het sekerlik besef in watter toestand ons finansies is en het nie
gehuiwer om by te dra nie.  A.g.v. ons gemeenskap se saamstaan in ’n bitter moeilike tyd vir ons almal - het
ons, ons vorige rekordbedrag oortref !!! Weereens BAIE DANKIE !
 
 
’n Paar foto’s om die jaar 2020 se Gholfdag te onthou !!!
BAIE DANKIE aan elke personeellid wat die heeldag die onderskeie punte
beman het  !