’n Blik agter die skerms …
’n Video is gemaak om leerlinge terug te verwelkom na ’n laaaaang “vakansie”.  Al die onder-
wysers het deel daaraan gehad.
 

 

Inderhaas is masjiene aangekoop - net betyds voor daar géén een in die land meer beskikbaar
was nie.  Slegs ’n 3 maande waglys !

 

Daagliks word die klasse, badkamers, kantore en die lapa ontsmet.

 

Die saal spring ook nie skoonmaak vry nie.

 

Selfs die plekke waar daar ’n groot samekoms van leerders is, word ook gespuit.

 

Planne is beraam om handewas te laat plaasvind sonder dat die spuitkannetjies deur ALMAL 
hanteer hoef te word.

“ ’n Man se planne moet net die opraak nie…”  Wonder wie sê dit gereeld ?

 

’n GROOT probleem.  Die rekenaarsentrum is nie geskik sodat leerlinge 1.5m van mekaar kan 
sit nie …  ’n PLAN - kom ons bou skerms.  Die groen lig word van die Departement af gekry !

 

Mnr. Chris en mnr. Hardus is besig om onder die wakende oog van juf. Dalene die sentrum te 
omskep.  

 

Blokke, kolle en strepe moes oral aangebring word om te verseker die leerlinge hou die die 1.5m
afstande.  Op die stoepe, by die snoepie en in die klaskamers was dit net merkers !!!
Self die rugbyveld moes strepe kry sodat leerlinge daar in rye kan aantree.

 

Daar is besluit om leerlinge vroeër as die normale beplanning terug te bring skool toe.  Die 
departement voorsien egter net maskers volgens die oorspronklike terugkeer datums.  Tyd vir
nog ’n plan.  Van die dames het ingespring en ’n “fabriek” is begin om maskers te maak.  Hier
is hulle hard aan die werk. Knip, “plak” en stik.  BAIE DANKIE dames, dit word opreg waardeer !

 

Nog ’n “probleempie”.  Al die leerlinge kan nie by een hek inkom nie !!!  Teen die tyd “vloei” die
planne behoorlik.  Kom ons maak ’n paar hekke.  Daar hoef nie vir ure in rye gestaan te word om
temperature te meet nie.  Aan die begin was dit maklik - sommer 5 /6 personeel by ’n hek !  Nou
dat ALMAL (leerlinge) terug is by die skool … word daar op ’n paar personeellede gesteun om 
die hele skool te “scan” !  BAIE DANKIE ook aan julle !!!

 

Hier word ons voorste hekke gebruik.  

 

 

COVID -19 is ’n werlikheid ...
 
Alles is gereed om ons eerste groep leerlinge te ontvang.  
 
HARDE werk lê vir almal voor, maar ons kan, gaan en sal hier deur.  BAIE DANKIE aan alle OUERS wat 
so goed saamgewerk het met ons "WHATSAPP-KLASSE”.  Die kinders wat gewerk het is op datum en 
sal die vrugte aan die einde van die jaar pluk.  Aan die ONDERWYSERS - julle is ’n WENSPAN  !  
Onder bitter moeilike omstandighede het julle dit reggekry en nog bietjie ekstra gegee.  
 
Aan die “BEPANNINGSPAN” (Beheerliggaam) julle verdien ’n klop op die skouer !  Dit het nagte se 
wakker lê, vergaderings en lang ure gekos om uiteindelik by die punt uit te kom waar ons weer “normaal
kan skoolhou en skool gaan.  DANKIE !!!
 
Die saal is gereed ….
 
 
 
Die leerlinge staan reeds buite ...
 
Die Graad 12’s en die Gr. 7’s sit groot oog en luister na die moets en die moenies van die nuwe normale
tyd wat nou beleef word.  Hulle het na die “Verwelkomingsvideo” gekyk en is reg om na hulle klasse te
beweeg.
 
Leerlinge het hulle maskers ontvang en is nou reg vir die skoolwerk !
 
Die Gr.12’s lyk ook maar verward en bekyk mekaar asof vir die eerste keer gesien.  Almal het reeds baie
hard gedurende die grendeltyd gewerk en die afronding gaan nou begin.  STERKTE GR. 12 EN GR. 7 -
ons weet julle is reg vir die nuwe uitdaaging !  Julle bly ons trots !!!
 
En so word die groepe die een na die ander op hulle beurt terug verwelkom !!!  
 
 
 
’n GROOT BEDERF aan die onderwysers met die terugkeer van die Gr.12’s en Gr.7’s !!!
“Dankie vir julle opofferings om dinge inplek te kry, sodat ons wel ons MATRIEKEKSAMEN sal
kan skryf !”  
 
Wat ’n wonderlike gebaar van ons VLR - leerlinge.  Ruaan Smit (hoofseun), Nathan Wilson (o/hoofseun),
Chanel Coetzee (o/hoofdogter) en Maricha Penn (hoofdogter) wat vir elke onderwyser, by sy klas,  die 
lekkerste koffie kom gee het !  (Nie sommer enige koffietjie nie …)