2021-VERBRUIKERSTUDIE
 

’n Mens kan net na die gesigte kyk om te sien hoe trots die leerlinge op hulle pronkstukke is !!!  Elkeen het sy skepping versier soos hulle wou - en
wat se oulike idees was daar nie !!!  Harry Potter, ’n Reënboog, ’n konstruksie toneel … noem maar op, elkeen het met sy eie unieke skepping ’n pragstuk
geskep !  WELGEDAAN !!!
 
 
 
 
 
 
 
2021-VERBRUIKERSTUDIE
 
GRAAD 11 het rolkoeke gemaak.  Kyk net hoe mooi word dit voorgesit !
 
 
 
 
2021-GRAAD 2
 
Ons Graad 2’s het meer oor treine geleer en het dan ook sommer self treine gemaak.  Groot pret !
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
2021 FISIESE WETENSKAP - GRAAD 12
 

O nee, Juffrou Nanette vertel nie net wat gebeur met momentum-eksperimente nie…  Ons moet self uitvind !
Eksperimente word gedoen om die verandering van gewigte op momentum te bepaal. Hier is ’n paar leerlinge 
hard aan die werk om … tot die regte gevolgtrekking te kom !
 
 

 
2021- VERBRUIKERSTUDIE
 
Dis nou een klas wat altyd vol verrassings is  !!!  Juffrou Liza leer ons  broodrolletjies, doughnuts, roompoffertjies
en selfs konfyt maak.  Geen vervelige oomblik nie ...
 
 
 
 
 
 
 
 
 
2021 - GRAAD 2
 

Die Graad 2-klasse van Juffroue Bonita Avenant en Anna-Lize Coetzer het geleer hoe om maskers uit
herwinbare materiale te maak.  Was dit nou gróót pret !!!  Kyk of jy jou maats kan herken.
 
 
 
 
 
 
 
 
2021 - GRAAD 4
 
Die Graad 4’s moes by Juf. Nita Wentzel die Watersiklus voorstel. Was die klomp nie oorspronklik nie !